Die gawes van die Heilige Gees is ‘n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!
In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.
1:50 Wat is die Gawes van die Heilige Gees?
Waarna verwys ons, wat is die doel daarvan, van wie ontvang ons dit en hoe ons reg daaroor moet dink.
6:45 Die doel van die Gawes
Dit gaan nie oor onsself nie, maar oor God en ons naaste.
7:25 Die apostoliese- / besondere gawes
Die uitsonderlike gawes wat gedien het tot die Godsopenbaring, het tot ‘n einde gekom. Hierdie gawes is nie die norm nie.
16:10 Die gawes waarop God self die fokus plaas
Daar is gawes waarvan ons partykeer vergeet, soos geloof en liefde. Bv Romeine 12 se gawes.
17:47 Het alle gelowiges gawes?
1 Korinthiërs 12 – Almal is deel van die Liggaam van Christus.
25:00 Hoe weet ek wat is my gawe?
Doen wat jou hand vind om te doen, en bid daaroor. Vra ook medegelowiges se raad en bystand.
32:15 Gawes en talente
Wat as die nood in die gemeente nie ooreenstem met my talente nie? Is gawes en talente dieselfde?
36:35 Samevatting
Laaste opmerkings
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.