Februarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor “boelie” onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor ‘n moontlik belasting opstand (“tax revolt”) in Suid-Afrika.
Month: February 2019
Hierdie is die vierde episode in Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Baie keer fokus ons so op die troudag, dat ons vergeet om te dink oor wat daarna gebeur… Wat as daar konflik kom? Of ander uitdagings? Hoe hanteer ons dit as ons huwelik in krisis is? Is dit normaal? Is daar hoop? Wat as my huwelik reeds op egskeiding uitgeloop het?
In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle.
Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se “onderdanigheid” en dat sy ‘n “hulp” is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).
Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief.
In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook ‘n luisteraars-vraag: “Moet ek stem?”.
‘n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program “Perspektief”.