In die episode antwoord ons ‘n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand?
Month: March 2019
Enkellopendheid kan baie vrae by ‘n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet. In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val.
“Ons glo en bely dat God die huwelik alleen ingestel het tussen een man en een vrou.”
Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is “geslagskwessies”, met ‘n fokus op homoseksualiteit.
In hierdie vyfde episode in ons reeks oor die huwelik gesels ons oor intimiteit. Vir sommige is dit ‘n taboe onderwerp; die meeste mense praat nie maklik daaroor nie.
Veral in vandag se samelewing is dit nodig om uit te vind wat intimiteit is (soos God dit geskep het) en watter riglyne ons daaroor in die Woord vind.