powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.
In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag oor die voorspoedsteologie.
Wat is ons motiewe om die Here te dien – is dit vir persoonlike gewin? Hoekom gebeur dit dikwels so dat die kerke leeg is wanneer dit goed gaan met ons, maar wanneer die swaar tye kom soek almal weer die kerk op?
Baie mense het die siening dat wanneer ek net “my kant bring” die Here my op ‘n manier daarvoor behoort te beloon.
Ons gesels oor bekende voorspoeds-teoloë soos Kenneth Copeland. En kyk ook die idees van voorspoedsteologie dalk onwillekeurig in ons gedagtes ook begin posvat.
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.