Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks wat handel oor Eskatologie. Eskatologie is die Bybelse leer oor die laaste dinge, die wederkoms van ons Here en die dinge rondom die eindtye, soos dit o.a. in die boek Openbaring geopenbaar word.
In die krisistye waarin ons, ons tans bevind ervaar gelowiges onsekerheid oor die eindtyd. Dit is egter nie nodig nie, aangesien die Bybel vir ons goeie riglyne en antwoorde in hierdie verband openbaar.
In hierdie episode kyk ons eers oorsigtelik na die vier groot sieninge wat daar oor die eindtyd bestaan. Ons gesels ook oor waarom dit vir ons belangrik is om oor die eindtyd te praat en te dink.
22:00 Pre-Millenialisme (Historiese)
28:10 Pre-Millenialisme (Dispensasionalisme)
38:26 Post-Millenialisme
45:10 A-Millenialisme
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment