In die episode bespreek ons die letter “I” in die “Tulip”- akroniem, wat staan vir “Irresistable grace”.
Wat beteken dit as ons praat van “Onweerstaanbare genade”? Bedoel dit dat God tot ‘n mate die genade op die uitverkorenes “forseer”? Is ons soos stokke en blokke in God se hand?
Ons sien dat dit eintlik wys daarop dat God ons harte verander om Hom te wil soek – Hy verander ons harte van klip in harte van vlees. Dan wil ons wees wat ons vroeër nie wou wees nie.
MINUUTMERKERS:
05:30 Wat bedoel ons as ons verwys na “onweerstaanbare genade” ?
17:30 Die orde van verlossing en wedergeboorte
32:30 Vooruitgesiene geloof?
39:30 God se soewereine wil en die mens se verantwoordelikheid
51:30 Maak hierdie leer ons passief? Hoe sien ons sending in die lig hiervan?
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment