Bybelse Pa-wees vloei vanuit God se skeppingsorde vir die mens, en vir die gesin. Bybelse Pa-wees is gegrond op God se plan met die huwelik waarin die man as hoof van sy gesin gestel is. Ons moet Pa-wees deur die lens van God se verbond met Sy volk sien.
3:43 My rol as man in die lig van God se skeppingsorde.
6:43 Jy kan nie ‘n Bybelse pa wees as jy nie ‘n verhouding met God het nie.
9:50 Mans moet verantwoordelikheid neem vir hul huis en gesin.
19:32 My rol as man in my huis in die lig van God se plan met die huwelik.
26:50 Vaders moet hul kinders help om God se wil te ontdek, nie hul eie nie.
27:58 My rol as vader van my kinders in die lig van my verhouding met my hemelse Vader.
32:46 Die vader speel ‘n kardinale rol in die vind van ‘n lewensmaat.
34:45 My rol as verbondsouer in die lig van God se verbondsbeloftes.
39:36 Die pa moet sy vrou en gesin begelei na die troon van genade.
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.