Scriptura se nuwe reeks handel oor skrifgedeeltes of Bybeltekste wat verkeerdelik en/of buite die ware konteks aangehaal, misbruik of verstaan word. Die eerste episode fokus op die presiese betekenis en doel van Mattheus 18:20, en verduidelik dat dit eintlik oor kerklike tug gaan, en NIE oor die saamwees van gelowiges om God se teenwoordigheid te verseker nie.
Aanbieders: Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn
00:00 Wat sê die Vers 1: Mattheus 18:20
00:39 Nuwe reeks
03:47 Mattheus 18:20 …want waar twee of drie in My naam byeen is, daar is Ek in hulle midde.
04:20 Wat is die algemene begrip oor die vers?
11:00 Christene wat in die algemeen byeen kom, is nie dieselfde as erediens nie.
11:35 Wat is die konteks?
12:38 Konteks lê in vers 15-20 (2020 Vertaling)
13:42 Kerklike tug en kerkdissipline is die ware tema
16:42 Vers 15-17 gee agtergrond van kerklike tug
22:07 As 2 of 3 ouderlinge saamstem oor ‘n tugsaak en ‘n besluit neem, is dit bindend
24:33 Daaglikse lewe is nie gelykstaande aan erediens nie
25:19 Ps 121 Pelgrimslied – die Here is altyd by ons
26:34 Ons word opgeroep na die erediens in Ps 122:1 “Kom ons gaan na die huis van die Here….”
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment