In hierdie perspektief episode gesels Scriptura oor drie baie belangrike nuusgebeure van die afgelope maand. Die transgender debakel wat om Heinz Wincler se kop woed, en homoseksuele kwessies is vir almal en veral ons kinders ‘n werklike bedreiging. Dan is daar die grondwet hofsaak om te bepaal of 26-week oue fetusse as mediese afval beskou moet word of nie. En die pastoor Steven Furtick en sy onbybelse lering word ook in oënskou geneem, en christene word ernstig gewaarsku oor vals lering.
00:00 Oktober in Perspektief 2021
04:00 Die “Heinz-Winckler debakel” (https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/onderwys/winckler-roep-glo-ouers-saam-oor-laerskool-se-transgender-kind-20211016)
22:42 Grondwet hofsaak: 26-week fetusse mediese afval of nie? (https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/hof/saak-oor-regte-rondom-fetus-eersdaags-in-grondwethof-20211015)
32:25 Steven Furtick – Jesus maak jou die beste “jy” (Tweet: https://images.app.goo.gl/trnVq2F8PGTHXqQQ6)
Skrifverwysings:
Psalm 119, Romeine 1, Mattheus 5, Esegiël 36:25,26
Verwante artikels en episodes:
https://www.scriptura.co.za/2018/08/huwelik-en-gesin-die-satan-se-stille-aanslag-op-die-kerk/
https://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/
https://www.scriptura.co.za/2020/07/n-dopper-moet-sy-bybel-lees/
https://www.scriptura.co.za/2019/02/perspektief-januarie-2019/
https://www.scriptura.co.za/2019/06/perspektief-mei-2019/
https://www.scriptura.co.za/2021/09/et-cetera-september-2021-week-2/
https://www.scriptura.co.za/2021/04/perspektief-maart-2021/
Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
2 Comments
Baie dankie vir die insiggewende gesprek! Jonker maak ‘n baie goeie punt tydens die eerste deel van die gesprek, met betrekking tot gereformeerde skole – dis ‘n saak wat my baie na aan die hart lê, en ek dink hierdie gebeurtenis in Somerset-Wes wys net weer die belangrikheid van gereformeerde skole uit. Ons as ouers moet beslis betrokke wees by die opvoeding van ons kinders, in beide leer en lewe. Ons kan nie Sondag fokus op die leer, maar die res van die week daarvan vergeet in ons lewe nie.
Hallo Ben,
Dankie!
Ja ons het ‘n groot roeping om ons kinders te leer wat dit beteken om dissipels van Jesus Christus te wees. ‘n Sondag se katkisasie hier en daar is nie genoeg nie – ons moet op elke terrein betrokke wees en ons kinders “onderrig en laat onderrig”.