Die gereformeerde formulier vir die bediening van die heilige doop aan kinders sê: “Die heilige doop betuig en verseël AAN ons die afwassing van die sondes deur Jesus Christus. ” Christen ouers doop hul kinders uit die besef van sonde en uit gehoorsaamheid aan ons dissipelskap opdrag teenoor alle mense en teenoor ons kinders. Ons doop hulle ook uit dankbaarheid vir die genade van vergifnis van sonde en belofte van redding wat God aan ons kinders betoon – en ons kan nie anders as om die opdrag om ons kinders te laat doop te eer en dit voort te sit in die generasies wat na ons volg nie. Dissipels van Jesus dissipel ook hul kinders en voed hulle op in die vrees en in die weë van die Here, sodat hulle ook weer die geloof in God in hul eie lewe kan voortsit. En die formulier lees verder: “Want as ons in die naam van die Vader gedoop word, betuig en verseël die Vader aan ons dat Hy ‘n ewige genadeverbond met ons oprig, ons tot Sy kinders en erfgename aanneem, en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer, of tot ons beswil beskik.” Doop is dus ‘n direkte uitvloei van ons getuienis van ons geloof in die evangelie, en dus ook ons eerste poging om ons kinders te dissipel vir die koninkryk van God.
00:40 Doop en dissipelskap
07:10 Doopouers se verbondsopdrag
17:20 Leer hulle om weer ander te leer
21:44 Wie is verantwoordelik – kerk en ouers werk saam
28:25 Wat verwag God van jong volwassenes in die kerk?
32:18 Hou mekaar verantwoordelik
38:28 Doel van dissipelskap: leef die evangelie en dra die blye boodskap oor
Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema
Skrifverwysings:
Gen 17:9-14; Matt 28:19,20; Hand 2:39, 2 Tim 3:15; Deut 6:7; 11:9; Ps 71:17; 78:4, Ef 6:4; 2 Tim 3:15; doopformulier, 1 Kor. 7:14; Matt 19:14, 1 Kor 12, 2 Tim 1:5; 2:2, 1 Thes 5:11; Kol 3:16
Skakels na relevante artikels en potgooie::
https://www.scriptura.co.za/2020/05/waarom-ek-my-siening-oor-die-doop-verander-het/
https://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvrae-uitverkiesing-doop-verbond/
https://www.scriptura.co.za/2019/05/openbare-geloofsbelydenis/
https://www.scriptura.co.za/2018/06/wanneer-ontvang-ek-die-heilige-gees/
https://www.scriptura.co.za/2018/09/3minute1woord-dissipel/
https://www.scriptura.co.za/2018/06/lote-in-god-se-wingerd/
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
One Comment
Baie dankie dit was so nodig