“Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie….” bevestig Openbaring 21:4 wat Paulus vir ons sê in Romeine 5:1-11. Dus is ons vrygespreek op grond van Christus se versoeningsdood. En Hy het ons gered van die straf van God. Ons het vrede by God, want deur Christus is ons versoen met God. Ons het vrye toegang tot Sy genade. Ons kan ons verheug in die ware hoop en heerlikheid van God. Ons hoop in Hom beskaam nie, want die Heilige Gees woon in ons.
00:40 Ons het ware hoop en troos
04:50 Wat beteken dit om geregverdig te wees?
14:18 Wat is die begin van ons troos?
22:55 Wat is lydsaamheid?
35:00 Kruis gee ewige verlossing
41:27 Die voleinding van ons troos
Skrifverwysings:
Rom 5:1-10, Hand 13, Heb 12, Rom 8, II Kor 4 en 5, Ef 1, Petrus, Op 21:4
Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jonker Venter
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment