Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God ‘n vaste anker en ‘n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.
00:00 Die Here is by jou en hoor jou gebede
02:00 Psalm 10 teksvoorlesing
04:25 Agtergrond en verklaring
10:05 Psalm/gebed het 3 dele – uitroep, klagte, bevestiging/erkenning van God se trou
14:10 Ons kan na God uitroep
22:40 Troos – die Woord is ons anker en lig
25:23 Die gelowige het ‘n ewige stryd op aarde
27:40 Gelowige begin met gebed V. 1
31:17 Bevestiging – ons vind rus in God se soewereiniteit
33:15 Wat is die opdrag in my uitdagings?
37:15 Drieledige werk van Christus – profeet, hoëpriester en vader
38:34 Nader tot God in gebed met al jou ontberings
Skrifverwysings:
Ps 10, Ps 73, Matt 27:46, 2 Pet 2:9, Matt 28
Aanbieders;
Gerhard van Rhyn, Jonker Venter, Jaco de Beer
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.