Scriptura gesels vandag oor vier onderwerpe in die nuus wat ‘n impak op ons getuienis mag hê. Wat is die “Woke ideologie” besig om te doen? Kanada se genadedood wetgewing. Het Suid-Afrika se regering wapens aan Rusland verskaf? Hoe moet ons ekonomiese druk en hopeloosheid benader en hanteer?
00:00 Perspektief: Mei 2023
01:12 Woke ideologie
06:00 Distansieër ter wille van Christus
10:03 Kanada se genadedood wetgewing
13:20 Wat is die rol van lyding in ons lewe?
16:40 Preek die regte balans tussen wet en evangelie
17:45 Wapens vir Rusland
20:25 Die skrif roep ons op om toe te tree
24:40 Prysverhogings en ekonomiese druk
26:14 Hoe spreek ons die hopeloosheid aan?
29:00 Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie
Skrifverwysings:
PS 139, Sondag 15 Heidelbergse kategismes, 1 Pet, Spr 8:36, Es 37, Gen 1 en 2, Rom 8:18.
Aanbieders;
Jan-Louis Lee, Nikolaas Pienaar, Gerhard van Rhyn
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
2 Comments
Ek is dankbaar julle het die plek van lyding in prediking aangespreek.
Ons is te geneig om ons troos eerste by sielkundiges te gaan soek – ek sê dit, want ek ontvang al jare sielkundige en psigiatriese hulp. Natuurlik het dit gehelp vir my tot ‘n mate, maar waar ek nog uit genade en jare se suiwer Woordverkondiging onderskeidingsvermoë het om nie my beginsels prys te gee nie, is dit bitter gevaarlik vir ons kinders en jongmense.
Daar is wolwe in skaapsklere wat ons te maklik vertrou en te laat raaksien.
Ons in Gereformeerde kerk is ook nie bereid om met medegelowiges te praat oor ons diepleggende gebrokenheid, sondes en lyding nie uit vrees vir kritiek, verwerping en breek van vertroulikheid. Ons hou die beste voetjie voor met huisbesoeke en teenoor mekaar, want iemand moet tog net nie sleg dink van ons nie. Veral nie ons eie families nie! Hoe hartseer!!! Dis ‘n bitter gevaarlike lokval wat ons vir onsself gestel het, want kyk hoeveel kerke verwelkom gebrokenes met ope arms met ‘n valse teologie van ontkenning dat ons almal wel gebrokenes is.
By sielkundiges is daar mos vertroulikheid, so geen mens sal tog uitvind van ons gebrokenheid wat ons so goed wegsteek nie. Daarom pak ons eerder daar af. Ons gebrokenheid ,egter, word gekalmeer en geregverdig. Daar word allerhande diagnoses gemaak, en ja, dis ware diagnoses, maar dit word vir ons voorgehou as iets wat ons maar mag aanvaar en later raak dit ‘n kompetisie oor wie se diagnose die ergste is en dan kan ons lekker verskonings hê vir ons optrede.
Of ons leef dan met ‘n houding van “ek is soos ek is en basta die res”- sonder om in ag te neem oor wat dit aan die mense om ons doen.
Ons kinders word van alle kante aangeval! Die ergste is dat sommige van ons as ouers vanuit onkunde, dwaasheid en met goeie bedoelings en desperaatheid ons kinders onwetend blootgestel het aan wolwe in skaapsklere in die vertroue dat hulle kon help waar ons onbevoeg was om te help.
Vir my voel dit dat ons nêrens meer geestelik veilig is nie en veral nie ons kinders nie. Nie eens in ons eie huise nie.
My enigste troos en enigste plek waar ek nog geborge voel en troos vind is by die Here. My gebed is dat my kinders mag leer om in Sy troos te lewe.
Dit klink eenvoudig, maar glo my as ek sê dit is nie. Ek het eerstehandse ervaring van hoe geweldig slinks die satan is. By dit ontken ek ook nie die rol van my eie sondige natuur en gebrokenheid nie.
Ek maak ‘n desperate oproep op alle gelowiges om ernstig te bid vir ons ouers en kinders.
Die poletieke en sosiale agtergrond wat verduidelik word verklaar waarom ook die Ortodokse Kerk van Ukranie DOLEER!