Site icon Scriptura

Perspektief: Mei 2024

https://youtu.be/D7IXXKW0UA0?si=6rYxfWRzx8ZIgaJg

Drie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe. Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons ‘n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap? Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is? Waaraan word sukses gemeet? Is wêreldse sukses werklik die moeite en tyd werd vanuit ‘n ewigheidsperspektief? Markus 8:36: “Wat baat dit ‘n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?” Hoe moet die gelowige natuurrampe sien, en hoe moet ons dit as deel van God se plan beskou? Amos 3:6 “Sal daar ‘n ramp oor ‘n stad kom as die Here dit nie gebring het nie?”

01:50 Die christen en politiek
13:45 Waaraan word sukses gemeet? (Rassie Erasmus se egskeiding)
26:00 Hoe moet die gelowige na natuurrampe kyk?

Skrifverwysings:
Ps 146:3, 1 Tim 2, Jer 9:24, Matt 6:33, Mark 8:34-36, Ps 119, Ps 46, Amos 3:5-6, Matt 24:7-14

Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer en Nikolaas Pienaar


Exit mobile version