Site icon Scriptura

Berading – Die kerk en sielkundiges

Scriptura kyk met deernis na die groot nood wat bestaan om mense geestelik en sielkundig te help. Wat is die antwoord in gereformeerde kringe as christene berading of sielkundige hulp nodig het? Is die kerk nog die plek waar christene aanklop vir berading of sielkundige hulp? Hoe het die keuse om bybelse berading teenoor sielkundige terapie ontstaan, en hoe het die landskap van bybelse berading ontwikkel om nou van uiterstes te getuig? Wat het van dissipelskap geword? Hou die Skrif se perspektief genesing in en kan God verheerlik word in jou swaarkry? Het die kerk dan nie die gereedskap van God ontvang om mense geestelik,emosioneel en sielkundig te bedien en te ondersteun nie?

00:00 Wat is die leemtes in hedendaagse berading?
04:18 Verskillende persepsies en uiterstes
11:45 Hoe kry ons weer die balans?
15:00 Dualisme, filosofieë en wêreldbeskouings
18:22 Wat is my berader of sielkundige se wêreldbeskouing?
25:00 Is alles verkeerd as gevolg van my direkte sonde?
28:00 Skrif – handleiding vir dissipelskap
35:00 Skrifgedeeltes en die psalms
39:20 Is ons akademies en medies gefokus maar geestelik arm?

Skrifverwysings: Joh 9:1-4, 1 Tim 3, Rom 5:20, Rom 15:14, Kol 3:16, 1 Tess 5:12, 2 Tim 3:16, Hand 1:8, Gal 5:16, 1 Kor 1:18

Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer

Exit mobile version