Press "Enter" to skip to content

Berading: Die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse prediking

Die erediens is een van die belangrikste instrumente in God se hand om genesing vir Sy kinders te bewerk. Wat is die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse berading in die lewe van die lidmate? Hoe kan en moet die liggaam van Christus funksioneer om sielkundige leiding en ondersteuning te bied? Leef ons bewustelik en gehoorsaam onder Bybelse prediking in die gemeenskap van die heiliges? Vertrou ons die volle raad van God vir wysheid en insig in ons lewe, en preek ons dit nog? Glo ons nog dat die Woord – veral die Psalms – genesing bring vir die siel?

01:36 Wat is die rol van die plaaslike gemeente en bybelse prediking?
02:38 Was gelowiges van die vroeë kerk geisoleer en op hul eie aangewese?
07:00 Hoe dien jy jou medegelowiges in die kerk?
12:45 Gemeenskap van die heiliges is salf vir die siel
16:35 Moet ouderlinge as beraders dien?
18:18 Wat is bybelse prediking?
23:55 Is ons ouderlinge gefokus op bybelse berading?
28:00 Preek deur bybelboeke vir die volle raad van God

Skrifverwysings:
Hand 2, Jak 5:14-20, 1 Kor 12, Rom 12, Fil 1, Ef 6, Titus 1, Ps 119, Ps 134:18, Ps 147:3, 1 Tim 3, Joh 10, Ps 31:11, Ps 27.

Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.