Press "Enter" to skip to content

Berading: Medegelowiges wat beraad

Berading in sy eenvoudigste vorm is die bediening van God se genade aan iemand in nood. Bybelse berading ontken nie algemene genade soos medisyne vir sielkundige of psigiatriese siektes nie, maar wys ook na God vir die heelingsproses. Hoe kan gelowige vriende vir ons sielkundige of emosionele berading bied? Hoe onderskei ons tussen goeie en slegte raad van vriende? Het ons nog ruimte en tyd in ons besige lewens vir ons naaste om hulle te beraad in tye van trauma en nood? Is kognitiewe gedragsterapie die enigste antwoord vir sielkundige probleme? Hoe lyk ons probleme in die lig van God se woord? Is dissipelskap nog prioriteit in ons kerke? Reflekteer ons die liefde en genade van Jesus in ons verhoudings met mense?

01:24 Berading in die gemeenskap van die heiliges
04:20 Wat is ‘n vriend?
11:35 Selfliefde
14:10 Onderskei tussen goeie en slegte vriende
16:30 Waarde van christelike tug en advies
19:10 Leef ons te geisoleerd in die moderne wêreld?
25:45 Kognitiewe gedragsterapie fokus op die self en gedrag
29:20 Hoe bou ons christelike vriendskappe en ‘n vermoeë om te beraad?
36:07 Hoe rus ek myself toe om vriende te beraad?

Skrifverwysings: 1 Joh, 1 Kor 12, Job, Jak 1:23, 2 Kor 3:18

Aanbieders: Nikolaas Pienaar en Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.