Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Junie 2024

Dink ons en bid ons vir christene in vervolgde lande? Martelare is immers ons broers in die geloof, en ons behoort hulle in gebed te onderskraag. Hoe moet ons hulle aanmoedig in hul dapperheid om die evangelie steeds onverskrokke te verkondig? Is die kerk nog gereed met ‘n apologetiese antwoord vir die uitdagings van ons tyd. En is ons gereed vir die bedreiging van christelike verdrukking in ons eie land? Intussen is ons land besig met die jaarlikse seks-ekspo, en word immoraliteit gevier. Oral word plakkate opgesit teen lamppale om vrye seks te verkoop as ‘n skadelose soort vermaak, sodat selfs jong kinders dit nie eens meer kan vryspring nie. Hoe gemaak met die media en publisiteit van hierdie euwel van seksuele misbruik en pornografe?

00:00 Perspektief: Junie 2024
02:42 Christen vervolging – Afrika is nuwe epi sentrum van terrorisme
13:28 Vervolging op ons voorstoep
19:14 Is ons gereed vir vervolging?
21:07 Mense word vermoor vir hul geloof in Christus
22:28 Eksplisiete seks ekspo plakkate skok

Skrifverwysings:
Heb 13:3, 1 Pet 3:15, 2 Tim 3:12-13, Matt 10:28, Rom 13, Spr 14:34, Spr 16:12, Jes 60:12, Artikel 36 van Nederlandse Geloofsbelydenis,Rom 1-3, Kol 1:23

Aanbieders: Jaco de Beer en Jan-louis Lee

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.