Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Julie 2024

Psalm 2:2 “Die konings van die aarde neem stelling in en die heersers span saam
teen die Here en sy gesalfde…” Aspekte op die tafel wat in Julie 2024 gebeur het is eerstens die godslasterlike opening van die Olimpiese Spele 2024 – of was dit die panteon van die gode? Tweedens – die sluipmoord poging op Donald Trump. Is dit ‘n profetiese teken? Derdens, die regering van nasionale eenheid. Is president Cyril Ramaphosa ons land se verlosser, en kan die regering van nasionale eenheid ons land reg ruk?

01:25 Olipiese Spele 2024, skietaanval op Trump en die regering van nasionale eenheid
01:42 Skokkende opening van die Olimpiese Spele 2024
19:00 Is dit inklusief as Christus nie daar is nie?
26:00 Wat staan ons te doen?
27:30 Die slypmoord poging op Donald Trump
31:36 Die regering van nasionale eenheid

Skrifverwysings:
Ps 2, Openbaring, Joh 15:19, Artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, Ps 146, Jes 45 en 46.

Aanbieders: Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Nikolaas Pienaar, Jaco de Beer

One Comment

  1. Jaco Jaco

    Baie dankie vir ‘n leersame program. Ek is beïndruk met die apologetiese balans wat julle regdeur hierdie aanbieding gehandhaaf het. Dit is opmerklik dat elkeen van die aanbieders ‘n unieke en geldige perspektief kon bring, en sodoende tot die gesonde balans van hierdie program bygedra het. Byvoorbeeld, soos julle teregtelik gesê het, word ons as Christene geroep, om onbeskaamd ons Christelike oortuigings voluit en met wysheid op elke gebied te beoefen. Dit terwyl ons ook terdeë bewus is, dat, elke verlore mens nie anders kan as om ooreenstemmende “vrugte” voort te bring volgens sy eie dooie en sondige natuur nie; maar dat ons as Christene in hierdie gevalle wêreld nie angstig, bekommerd of onrustig mag wees in die geloof en in die hoop wat ons as geskenk van God ontvang het nie. Dis ons Godelike troos. Nietemin, hierdie genade van God, vir ‘n standvastige geloof en hoop in Sy raadsplan, behoort Christene absoluut nie rede te gee om hul hande met onverskilligheid vir hierdie sake van die wêreld te vou nie. Dit is immers met sulke onverskilligheid dat Christene geneig is om dan vir die middelgrond in sulke ongemaklike en konfronterende sake te pleit. Hierdie punt is veral hartseer, want, soos julle tereg gesê het, is daar geen waarheid vir die Christen in hierdie tiepe kompromie nie; net soos daar trouens ook nie morele neutraliteit hier met die gevalle wêreld te vinde is nie. Julle het die antitese so mooi met hierdie woorde afgerond: “almal is welkom, behalwe Christus…”

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.