Press "Enter" to skip to content

Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood

Paulus sê in Romeine 14:8 “Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.” Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Hoe berei jy jouself voor vir die dood terwyl jy juig oor jou lewe? Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus. Is daar ‘n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie? “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins,” skryf Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde bring aan die afgestorwenes, of liewer die evangelie verkondig as troos?

04:44 Hou die lewe van ‘n gelowige voorbereiding vir die dood in?
09:09 Wat is jou nalatenskap?
16:40 Praktiese aspekte voor jy sterf
19:30 Rentmeesterskap en jou geloof
24:20 Testament
29:40 Hoe ontvang ons wat aan ons bemaak is?
32:50 Troosdiens en begrafnis
36:15 Preek die evangelie as troos
40:40 Teologie van die dood
43:10 Praktiese element van afskeid neem

Skrifverwysings:
Rom 14:8, 1 Kon 2:1-2, 2 Kon 20:1, Heb 11, 1 Tim 5:8, 2 Tim 4:6, Tit 1:7, Spr 4:2-4, Rom 8:13, Rom 8:15, Deut 6, Fil 1:21, 1 Kor 4:2, Spr 13:22, Op 20, Thess 4, Ps 116:15

Aanbieders:
Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee

One Comment

  1. WILLIE DU PLESSIS WILLIE DU PLESSIS

    My buurman sê nou die dag dat hy nie meer begrafnisse wil bywoon nie, want hy kan vooraf al weet dat almal deesdae Hemel toe gaan. Die hel is deesdae blykbaar afgeskaf. Die laaste strooi vir hom was toe hy onlangs die begrafnisdiens van ‘n eertydse skoolmaat van hom bygewoon het, waar daar toespraak na toespraak gelewer was wat die oorledene se lof besing het. Hy het naderhand gevoel of hy kon opspring en in die kerk skree : Julle almal lieg. Hy was ‘n skelm en bedrieër wat tot sy vrou met ander vroue verneuk het.

    As kind en jonger mens was daar slegs ‘n troosdiens en verkondiging van die Woord van God tydens ‘n begrafnis. ‘n Euwel het die kerke ingesluip met skyfievertonings en huldigingstoesprake asof die agtergeblewenes darem net so ‘n bietjie vir God daaraan wil herinner dat die oorledene die Ewige Lewe verdien.

    Ek het in my testament en Lewende Testament versoek dat daar geen bedankings en toesprake tydens my eie begrafnisdiens gelewer moet word nie, soos met my pa, ma, skoonpa en skoonma.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.