Site icon Scriptura

Perspektief: Augustus 2024 – Gereformeerde kerke loop leeg

Gereformeerde kerke in Suid-Afrika – op die platteland en in stede – loop leeg volgens artikels en die media. Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif. Die Bybel stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar wys na die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld, en in tyd:   Christus. Maar is ons gereed vir klein kerkies wat God aanbid en dien in enige gebou, op enige plek waar ons woon en werk? Is elke gelowige kind van God voorbereid, gewillig en gereed om die goeie boodskap van verlossing te deel met elkeen wat honger en dors na die waarheid? Preek ons nog daaglikse bekering van sondes, en modelleer ons ‘n lewensveranderende hartsverhouding met Jesus vir diegene wat geloofsbelydenis wil aflê in ons kerke? Die groot vraag waarvoor ons ‘n baie seker antwoord het is: is gereformeerde teologie nog relevant?

00:40 Artikels en redes vir die afname van lidmaattalle
06:20 Oorsigtelike bespreking
09:15 Verdrukking is ‘n realiteit
13:50 Is daar nog getroue kerke?
16:15 Is die afname in getalle ‘n teken van verval?
20:00 Wat moet ons doen en onthou?
29:20 Wat is herlewing en reformasie?
34:00 Is gereformeerde teologie nog relevant?

Skrifverwysings:
Joh 14-17, Open 2:1-7, Artikel 27 – Die Algemene Christelike Kerk, Hand 15, 1 Petrus 3:15, Joh 3, John 6, Jon 10, Heb 13, Gal 3:1-2, Rigters, Rut, Matt 16:18

Aanbieders:
Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Nikolaas Pienaar, Marnix Boersema

Exit mobile version