Wie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God? Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan? Wat sê die Skrif oor ons besef van ‘n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem? Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons? Hoe antwoord ons die vrae van die ateis wat beweer dat daar nie ‘n intelligente Opperwese is wat alles ontwerp en geskep het nie, of die twyfel van die ongelowige tydens krisis en storm?
02:00 Hoe lewer ons bewys van God se bestaan sonder natuur en skriftuur/bybel?
04:30 Die skelm vraag van die ongelowige
11:00 Hoe kan ons God ken?
14:40 Watter foute maak ons in argumente?
21:00 Waar kry ons geloof en waarop berus dit?
24:50 Wat is die doel van gesprekke met ongelowiges?
30:00 Einddoel van evangelisasie
34:50 Verhouding tussen apologetiek (uiteensetting) en evangelisasie
44:00 Wat van ons gewete?
Skrifverwysings:
NGB Art 2, Ps 19:1, Ps 8, Rom 1:19-20, 2 Tim 3:15, Joh 6:68, 1 Pet 3:15, Heb 1, Rom 1:18, Ef 2, Heidelbergse kategismus Sondag 9, Rom 10, Hand 6 en 17, Deut 29:29, 2 Kor 10:3-5, Hand 2:37-37, Hand 13:48, Matt 28:19, Ps 67, 2 Kor 2:14, Joh 16:8, 1 Tim 3:1-13, 2 Tim 3:16-17, 2 Kon 5:3, Acts 17:28
Ander bronne:
https://www.apologeticscentral.org
Aanbieders:
Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Nikolaas Pienaar, Jaco de Beer
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
One Comment
Dankie Scriptura-span, dit is ‘n ware voorreg om na julle te luister. Julle het hierdie onderwerp van apologetiek breedvoerig gedek en al die belangrike temas aangespreek.
Vir my persoonlik is die werk van die Gees die hartklop en begin van die gereformeerde apologetiek. Dit is immers die Heilige Gees van God wat deur die fisiese skepping aan elke sondaar getuig dat ‘n opstandige, ongehoorsame en vyandige mensdom deurgans onder die verskriklike oordeel van God staan.
Dit is ook die Heilige Gees wat aan die individuele gewete van ‘n volkome verdorwe mensdom getuig, dat alle afvalliges van die Lig en die Waarheid in diep onoorkombare skuld is by ‘n Heilige God.
En laastens, dit is die einste Heilges Gees wat aan die wêreld getuig van die waarheid, suiwerheid en uiteindelike doel van God se persoonlike openbaring, Sy Woord.
Dit is hierdie waarhede, dienooreenkomstig die werk van die Heilige Gees, waar Hy Christene in die Groot Opdrag gebruik om dissipels van alle nasies te maak.