Hoe glo ons in die drie-eenheid sonder om die drie-heid of die eenheid van die drie persone in die godheid te onteer? Kan ons Jesus werklik begryp sonder die Vader en sonder die Gees? Hoe kan ons hierdie dinge van God leer ken? Gaan ons glo soos Hy homself in die Woord openbaar? Is daar verlossing buite die begrip van die drie-eenheid? Wie is die sentrale waarmaker van die woord van God?
00:00 Konsep van die drie-eenheid
04:46 Geloof – waar kry ons dit?
18:10 Werking van die drie-eenheid
20:22 Die Vader – funksie en indentiteit
31:50 Wie is die Seun en wat doen Hy?
34:00 Heilige Gees- identiteit en funksie
41:30 Hoe bepaal die drie-enige God ons geloof?
Skrifverwysings en leerstellings:
Drie Ekumeniese Geloofsbelydenisse: Apostoliese geloofsbelydenis, Geloofsbelydenis van Nicea, Belydenis van Athanasius, Heidelbergse kategismus, Twaalf artikels van geloofsbelydenis, Gen 1:1, Gen 3, Kol 1:15-17, Heb 1, 2 Tim 3:16-17, 2 Pet 1:19, Joh 16:13-17
Aanbieders:
Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, en Jonker Venter

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment