Mag ons onder enige omstandighede iets vat wat nie aan ons behoort nie, en het grondonteiening sonder vergoeding ‘n bybelse basis? Wat is ons verantwoordelikheid as bewoners en rentmeesters van die aarde, en aan wie behoort dit alles?
Tydens president Donald Trump se inhuldiging het die vroulike biskop, Mariann Budde, ‘n teologiese oproep met ‘n politieke ondertoon gedoen wat die WOKE beweging, bevrydingsteologie en feminisme duidelik ondersteun. Kan emosionele drogredenasies die ongeregtighede van humanisme laat seëvier?
Daar is parallelle lyne te trek tussen hierdie twee onderwerpe. Wat is die kerk se sentrale taak teenoor regerings? Wat staan mense te doen wat hulself in die spervuur bevind van onreg wat dreig om hul lewens te verwoes? Herken ons die WOKE beweging se motiewe?
02:00 Temas:
1) Grondonteiening sonder vergoeding
2) Biskop Mariann Budde vra genade oor ongeregtigheid by Trump inhuldiging
03:30 Mag die staat grondonteiening sonder vergoeding doen?
06:40 Wat is die bybelse perspektief?
11:15 Wie is die ware eienaar van alle grond?
15:00 Burgery, troos, verbond en rentmeesterskap
19:00 Aan wie is die aarde belowe?
23:20 Biskop Budde se WOKE pleidooi om genade vir ongeregtigheid
27:50 ‘n Vrou op die kansel – en sy hou nie die bybel voor nie
33:00 Teologiese oproep met ‘n politieke ondertoon
35:15 Bevrydingsteologie en feminisme
Skrifverwysings:
Ps 24, Gen 12, Ps 8, Matt 5, Gen 23, Rut, Eks 20, Spreuke 28, Miga 2, Spreuke 29:4, Rom 13, 1 Kon 21
Skakels:
Biskop Mariane Budde pleidooi: https://youtu.be/2fSphED1VYo?si=-gg3NaheR-Jo3KMv
Aanbieders:
Marnix Boersema, Jonker Venter, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Be First to Comment