Die doop sê dus dat jy ‘n kind van God is, en die Nagmaal sê Hy sorg dat jy sy kind bly. Daarom gebruik ons die Nagmaal totdat Hy kom, maar in besonder omdat Hy weer kom.
Author: Jan-Louis Lee
Jan-Louis is tans predikant by die Gereformeerde Kerk Brits
Reaksie op: ‘n Dopper kan ook gay wees – meningstuk
In ons haastigheid om seker te maak dat ons ‘n virtuele platform het waarvan af ons vir (aanvanklik) drie weke kon bedien, het ons nooit…
Met Paasfees om die draai, word daar veral op die laaste week voor die kruisiging, Jesus se intense gebedsworsteling in Getsemane, die verhore voor Pilatus en Kajafas en die ander gebeure rondom die kruisiging gefokus.
Baie gemeentes rig die prediking rondom die Lydenstyd so in dat daar ook op Goeie Vrydag ‘n Nagmaalsviering is om die hoogtepunt van ons verlossing – die een, finale offer – in hierdie tyd konkreet te vier.
Terwyl dit nie verkeerd is om in te fokus op die lydenstyd en op die kruisiging nie; is daar ‘n besliste skuif om die gelowige se ‘ervaring’ van die Paastyd op die voorgrond te stel. Hier is maar net enkele voorbeelde:
Jan-Louis is tans predikant by die Gereformeerde Kerk Brits
Paulus beaam emfaties: Julle het nie Christus leer ken, die vreugde van verlossing gesmaak, gesien hoe kragtig Hy bekering bewerk in die harte van mense …
net sodat julle kan bly voortleef soos stomme heidene nie….
Maar te veel verduur ons die propaganda wat subtiel ons huise insluip wanneer Sitkoms soos “Modern Family” en basies enige van die ander Hollywood-worsmasjien programme homoseksualiteit nie net as aanvaarbaar nie; maar normaal uitbeeld. “I was born this way”, “Dit gaan nie oor geslag nie, maar liefde” en soortgelyke slagspreuke word in ons kele afgeforseer. Deesdae het elke program ‘n “token gay guy”. Daar is selfs sprake daarvan dat die geliefde Disney-koningin “Elsa” van Frozen, in die volgende uitgawe van die fliek homoseksueel gaan wees, en daar was groot gewag gemaak van die ‘gay’ toneel wat sogenaamd in die “Live Action” weergawe van Beauty and The Beast ingesluit is. 7de Laan het groot opspraak verwek in die laaste jaar met die eerste gay soen wat verfilm is op Afrikaanse TV, en die karakters van “Die Boekklub” op Kyknet was dierbare gesinsgenote in Suid-Afrikaners se sitkamers. En die verskriklike is: dit voel nie meer vir ons vreemd of verkeerd nie.
Selfs die ‘evangelis’ Gretha Wiid het alle geloofwaardigheid wat sy enigsens sou gehad het, verloor deurdat sy na ‘n uitgerekte rusie met die Menseregtekommissie die Bybelse waarheid oor die huwelik en gesin tragies verloën het.
So is daar ‘n rassespanning in die land wat elke nou en dan opvlam, maar nes dinge tot bedaring kom, is daar weer die kleinste kooltjie wat die veldbrand van voor af aansteek. En dan is dit derms uitryg van vooraf – erger as die vorige keer.
Is Kersfees nie ook maar ‘n heidense fees, soos Halloween nie?