Ons kyk na hierdie maand se nuusgebeure vanuit ‘n Bybelse perspektief: Wetgewing aangaande lyfstraf in SA Die doodstraf Benny Hinn se bekering Daar was tegniese…
Author: Scriptura
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
Ons het eers die vrae gevra: “Wie is ek?” en toe “Wie sê die Here is ek?”. In hierdie derde episode wil ons uitvind hoe ons nou kan word wat ons is. Ons kyk veral na praktiese riglyne vanuit die Skrif.
Jeremia 17:9 sê ons hart is bedrieglik bo alle dinge. Daarom het ons in ons eerste episode oor “Identiteit” (Wie is ek?) tot die slotsom…
Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor “Identiteit”. En in die episode vra ons die vraag: “Wie is ek?”
Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “Wie is ek?”
Dit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme.
Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem?
Radio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik.
Vandag wil ons as’t ware terugkeer na die bron. Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: “Sola Scriptura”. Alleen die Heilige Skrif.
In hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as ‘n wêreldbeskouing. Wat is ‘n wêreldbeskouing en hoe lyk ‘n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om ‘n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.
Soveel mense sê vandag hulle is Christene – maar wat beteken dit om ‘n ware “Bybelse Christen” te wees?