Press "Enter" to skip to content

Category: Lering

(Grieks: didaskalia). Dit verwys breedweg na lering en instruksie, oftewel dogma. Artikels, blogs en podsendings wat te make het met leerstellings in die Bybel, sal jy hoofsaaklik onder hierdie kategorie vind.

Wie is ek?

Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor “Identiteit”. En in die episode vra ons die vraag: “Wie is ek?”

Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “Wie is ek?”

Finansies (2): Finansiële Stres

Hierdie is die twee episode in ons reeks oor “Finansies”.

Op die oomblik gaan dit nie te goed met SA se ekonomie nie, en baie van ons voel dit aan ons sakke. Alles word net duurder en duurder!

So, hoe gemaak wanneer ek in ‘n finansiële krisis beland? Hoe kry ek dit reg om op die Here te vertrou/wag – sonder om my eie plig te versuim? Is dit ‘n straf van die Here?

Luister gerus na hierdie episode waarin ons oë weer gevestig word op die Here se voorsieningheid en sorg in ons lewens.