Die vraag word deesdae al meer gevra: Waarom doen gelowiges openbare geloofsbelydenis (of belydenis-aflegging soos dit bekendstaan)? ʼn Kort antwoord hiervoor, is: Want die Heilige Gees werk dit in gelowiges om hulle geloof te bely. Maar waar kom die gebruik van openbare belydenis vandaan, en is dit ʼn Bybelse opdrag? Mense sal byvoorbeeld vra: Is dit werklik vir gelowiges nodig om hulle geloof openlik te bely voordat hulle deel kan wees van die kerk? Aan hierdie vrae wil die artikel kortliks aandag gee.
Category: Lering
(Grieks: didaskalia). Dit verwys breedweg na lering en instruksie, oftewel dogma. Artikels, blogs en podsendings wat te make het met leerstellings in die Bybel, sal jy hoofsaaklik onder hierdie kategorie vind.
In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag rondom die klassifikasie van die Bybelse wette.
Ons kyk watter wette nog bindend is vir gelowiges vandag, en ook hoe wetsonderhouding inpas by die Boodskap van die Evangelie.
In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraarsvraag:
“Is lotjies trek (“raffles”) sonde? Die Bybel sê nie direk iets hieroor nie? Wat van dobbel?”
Ons kyk na die werping van die lot in die Bybel, dan gesels ons oor lotjie-verkope (bv. vir ‘n kerk se fondsinsameling), en laastens gesels ons oor die Nasionale Lotery.
April in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor:
Paasfees-kruisigings in die Fillipyne (0.50”)
Die Notre Dame wat afgebrand het (09:45”)
Uitlatings van die rugbyspeler, Israel Folau (19:33”)
Maart in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor die aanval op Moslems in Nieu-Zeeland. Daarna praat ons oor vervolging van Christene, spesifiek ook na aanleiding van Christene in Nigerië wat onlangs aangeval en doodgemaak is.
In die episode antwoord ons ‘n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand?
Enkellopendheid kan baie vrae by ‘n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet. In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val.
“Ons glo en bely dat God die huwelik alleen ingestel het tussen een man en een vrou.”
Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is “geslagskwessies”, met ‘n fokus op homoseksualiteit.