Meeste mense kan aan redes dink hoekom iets van of in gebed nie reg is nie. Maar om heeltyd te sê wat verkeerd is, bring ons nog nêrens nie. Ek dink dit is ‘n baie slinkse strategie van Satan. Hy bevorder “net twisvrae…meer as stigting van God wat in die geloof is” (1 Tim. 1:4). So, alhoewel dit uiters belangrik is dat ons die verkeerde moet uitwys en die gelowiges moet waarsku teen dwaalleer, is dit ewe-belangrik dat ons nie ongeballanseerde gesprekke voer nie. Gesprekke waar ons bv. net fokus op die verkeerde maniere van bid. Dit is goed om te weet wat die verkeerde maniere is, maar dink en praat ook oor die regte maniere van bid.
Category: Lering
(Grieks: didaskalia). Dit verwys breedweg na lering en instruksie, oftewel dogma. Artikels, blogs en podsendings wat te make het met leerstellings in die Bybel, sal jy hoofsaaklik onder hierdie kategorie vind.
Ondersoek vandag jouself en toets jou hart: is daar by jou die gedagte, dat jy om een of ander rede outomaties in God se wingerd is?
In hierdie twee episodes gesels ons oor die Kerk en kerkwees. Wat is die Kerk? moet ek deel wees van ‘n kerk? Wat moet ek daar doen?

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.
‘n Vraag wat soms te min aandag verdien is: “wie is my naaste nou eintlik?” Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord:
(1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig
(2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek ‘n naaste?
Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag: “Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus, maar wat gebeur daarna … hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking? Is alles net die Heilige Gees se werk, of het ek as mens ‘n rol om te speel?”
Kom ons gaan staan vir ‘n oomblik in die skoene van Filippus. Wat baie opvallend is, is waarheen die Gees vir Filippus stuur.Hy stuur hom, sê :26 na ‘n stil, eensame pad. Hulle het dit destyds die “woestynpad” genoem. ‘n Droeë, gevaarlike en stil pad vanaf Jerusalem suidwaards in die rigting van Gasa. Daar was ook ‘n ander, meer gewilde en baie veiliger pad na Gasa – maar die Gees stuur nie Filippus op daardie pad nie. Filippus moet gaan na die eensame, woestynpad.