Press "Enter" to skip to content

Category: Onderwysing

(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.

Finansies (2): Finansiële Stres

Hierdie is die twee episode in ons reeks oor “Finansies”.

Op die oomblik gaan dit nie te goed met SA se ekonomie nie, en baie van ons voel dit aan ons sakke. Alles word net duurder en duurder!

So, hoe gemaak wanneer ek in ‘n finansiële krisis beland? Hoe kry ek dit reg om op die Here te vertrou/wag – sonder om my eie plig te versuim? Is dit ‘n straf van die Here?

Luister gerus na hierdie episode waarin ons oë weer gevestig word op die Here se voorsieningheid en sorg in ons lewens.

Pastoraal: Depressie

Wat is depressie? Is dit iets waaraan ek ly?

In hierdie episode bou ons voort op die episode oor “Hopeloosheid” en gesels oor spesifiek oor “Depressie”.

Dit kan dalk gesien word as die oortreffende trap van hopeloosheid. Jy voel of jy in ‘n diep donker gat is en weet nie of daar weer lig sal kom nie.

Ons wil nie net gesels oor wat depressie is nie, maar ook kyk hoe die Bybel ons toerus om die stryd teen die gevoel van depressie te stry. 

Gawes van die Heilige Gees

Die gawes van die Heilige Gees is ‘n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!

In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.