‘n Kort opsomming van die ampswerk van diakens asook enkele praktiese riglyne om hulle behulpsaam te wees in die uitoefening van hulle ampswerk. Saamgestel en uitgegee deur: Streeksklassis Trans-Magalies
Category: Onderwysing
(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.
Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.
“Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.” (Romeine 6:4)
Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.
Luister die episode oor: Bybelse Bekering – Wat is dit, hoekom is dit nodig en hoe doen ek dit?
Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.
“Wie is jy om te oordeel!?” Hierdie is tipies kommentaar wat ‘n mens sal kry op “godsdienstige” artikels of uitsprake. Wanneer iemand byvoorbeeld ‘n uitspraak lewer oor ‘n uitlating van ‘n predikant, of wanneer iemand “godsdienstige” kommentaar in die publiek (soos koerante, sosiale media) lewer.
Meeste mense kan aan redes dink hoekom iets van of in gebed nie reg is nie. Maar om heeltyd te sê wat verkeerd is, bring ons nog nêrens nie. Ek dink dit is ‘n baie slinkse strategie van Satan. Hy bevorder “net twisvrae…meer as stigting van God wat in die geloof is” (1 Tim. 1:4). So, alhoewel dit uiters belangrik is dat ons die verkeerde moet uitwys en die gelowiges moet waarsku teen dwaalleer, is dit ewe-belangrik dat ons nie ongeballanseerde gesprekke voer nie. Gesprekke waar ons bv. net fokus op die verkeerde maniere van bid. Dit is goed om te weet wat die verkeerde maniere is, maar dink en praat ook oor die regte maniere van bid.
Waarom is werk so moeilik? Word ons dalk met werk gestraf? Hoe behoort ons as Christene werk te sien? Is al verantwoordelikheid wat ons by die werk het om so nou en dan iemand te vertel Wie Jesus is?
So is daar ‘n rassespanning in die land wat elke nou en dan opvlam, maar nes dinge tot bedaring kom, is daar weer die kleinste kooltjie wat die veldbrand van voor af aansteek. En dan is dit derms uitryg van vooraf – erger as die vorige keer.