Ons gee in hierdie episode ‘n “teologie van geld” – ‘n paar Bybelse beginsels oor geld en hoe ons met ons geld moet omgaan.
Category: Radio Scriptura
Wat is depressie? Is dit iets waaraan ek ly?
In hierdie episode bou ons voort op die episode oor “Hopeloosheid” en gesels oor spesifiek oor “Depressie”.
Dit kan dalk gesien word as die oortreffende trap van hopeloosheid. Jy voel of jy in ‘n diep donker gat is en weet nie of daar weer lig sal kom nie.
Ons wil nie net gesels oor wat depressie is nie, maar ook kyk hoe die Bybel ons toerus om die stryd teen die gevoel van depressie te stry.
In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle.
Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se “onderdanigheid” en dat sy ‘n “hulp” is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).
Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief.
In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook ‘n luisteraars-vraag: “Moet ek stem?”.
‘n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program “Perspektief”.
Hierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man.
Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se “baas”?
In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik – met ‘n spesifieke fokus op die rol van die man.
Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel.
In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?
Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse “It’s Time” geleentheid van oom Angus.