Category: Tema-episodes

In hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere:
Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer?
Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”?
Hoe hanteer ‘n mens gelowig-Bybels ‘n manifestasie?
Moet ons demone bind en uitdryf?
Kan die duiwel ons gedagtes lees?

Hoeveel mens-rasse is daar? Tien…honderd…duisende? Of is ons almal een ras? Pieter le Roux van CMI (www.creation.com) verduidelik waar kom al die mense rasse vandaan en hoekom die Here Eva uit Adam se ribbebeen gemaak het.

Luister die episode oor: Bybelse Bekering – Wat is dit, hoekom is dit nodig en hoe doen ek dit?
Is die vrae rondom die skepping belangrik? Moet ons nie net “fokus op Jesus” nie? Hierdie episode wys hoe dit noodsaaklik is om Genesis as waar te aanvaar. Die hele Evangelie verkrummel, as ons nie Genesis glo nie!
In hierdie twee episodes gesels ons oor die Kerk en kerkwees. Wat is die Kerk? moet ek deel wees van ‘n kerk? Wat moet ek daar doen?

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.