Press "Enter" to skip to content

Scriptura

Finansies (2): Finansiële Stres

Hierdie is die twee episode in ons reeks oor “Finansies”.

Op die oomblik gaan dit nie te goed met SA se ekonomie nie, en baie van ons voel dit aan ons sakke. Alles word net duurder en duurder!

So, hoe gemaak wanneer ek in ‘n finansiële krisis beland? Hoe kry ek dit reg om op die Here te vertrou/wag – sonder om my eie plig te versuim? Is dit ‘n straf van die Here?

Luister gerus na hierdie episode waarin ons oë weer gevestig word op die Here se voorsieningheid en sorg in ons lewens.

Openbare Geloofsbelydenis

Die vraag word deesdae al meer gevra: Waarom doen gelowiges openbare geloofsbelydenis (of belydenis-aflegging soos dit bekendstaan)? ʼn Kort antwoord hiervoor, is: Want die Heilige Gees werk dit in gelowiges om hulle geloof te bely. Maar waar kom die gebruik van openbare belydenis vandaan, en is dit ʼn Bybelse opdrag? Mense sal byvoorbeeld vra: Is dit werklik vir gelowiges nodig om hulle geloof openlik te bely voordat hulle deel kan wees van die kerk? Aan hierdie vrae wil die artikel kortliks aandag gee.