Hierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik.
Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.
Scriptura
Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel.
Paulus beaam emfaties: Julle het nie Christus leer ken, die vreugde van verlossing gesmaak, gesien hoe kragtig Hy bekering bewerk in die harte van mense …
net sodat julle kan bly voortleef soos stomme heidene nie….
Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! Gesprek oor verassing vanuit ‘n Christelike / Bybelse perspektief.
In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?
Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse “It’s Time” geleentheid van oom Angus.
Die gawes van die Heilige Gees is ‘n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!
In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.
Mattheus 12:31-32 wek by ons die vraag: Waarna verwys Christus as Hy praat van die lastering teen die Gees wat nie vergewe sal word nie?
In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al ‘n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.