“Die verstand van ‘n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ‘n eer om die oortreding te vergewe. ” (Spreuke 19:11)
Scriptura
‘n Vraag wat soms te min aandag verdien is: “wie is my naaste nou eintlik?” Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord:
(1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig
(2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek ‘n naaste?
(1) Kenmerke van die Messiaanse Jode (Hebrew Roots) – hoe ken ek iemand uit wat deur die beweging beïnvloed is?
(2) Wat is die ideologie – wat glo hulle? Wat is die kern waaroor HR gaan?
(3) Die Bybel en die HR beweging
(4) Hoe benader ons iemand in die HR beweging? Hoe reageer ons en hoe help ons hulle?
Al ooit gehoor hoe iemand sê: “spreek net die goeie oor jou uit!” ? Al gehoor van iemand wat sê ons moet nie “dood” spreek nie, maar “lewe”? Ons dink en gesels saam hieroor, rondom die Skrif.
powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.
Ons gesels met ‘n maatskaplike werkster, Christa van der Linden, oor ‘n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding na ‘n traumatiese gebeurtenis: Is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma?
00:00 Scriptura inleiding
01:27 Kinders en trauma
13:54 Voorsorg
21:00 God troos deur Christus
27:19 Luister met geduld en verdraagsaamheid
34:28 Ondersteun jou kind in trauma
36:35 Bring jou kind na Christus toe
39:37 Leemte in gereformeerde kinderberading
40:36 Hanteer troos met die oog op die ewige
Skrifverwysings:
Huweliksformulier, Deut 6, Ef 5, Kol 3:21, 2 Tim 2-3,Jakobus 3, Hebreërs 11:36-40
Ander episodes oor trauma:
https://www.scriptura.co.za/2018/02/isolasie-en-geheimhouding-na-trauma/
https://www.scriptura.co.za/2021/06/pastoraal-angs-en-vrees/
https://www.scriptura.co.za/2020/09/luisteraarsvraag-waar-is-god-as-die-boosheid-skynbaar-seevier/ […]
Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag: “Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus, maar wat gebeur daarna … hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking? Is alles net die Heilige Gees se werk, of het ek as mens ‘n rol om te speel?”
Is Kersfees nie ook maar ‘n heidense fees, soos Halloween nie?